GEORGE NUUS - Personeel en jongmanne en -vroue wat by die opleiding van ambagslui betrokke is, het op Mandeladag ‘n aantal gemeenskapsaksies by opleidingskampusse van UXi Artisan Development van stapel gestuur om hul omliggende gemeenskappe se lewens te verbeter.
In George het die opleidingspan van die Ntaka- en Industria-kampusse van Africa Skills Privaat kollege in George ingespring om Ntakastraat in Thembalethu, voor die kampusterrein, behoorlik op te ruim.
Die administrasieafdeling van UXi het klere en komberse ingesamel. Dit is saam met donasies van werknemers, waarmee oornagbewyse by die George-nagskuiling gekoop kan word, geskenk.
Die François Ferreira Akademie het behoeftes by die Bethesda Kinder- en Jeugsorgsentrum in George aangespreek. Die akademie het donasies gegee om wesenlike huishoudelike en klerebehoeftes van die kinders te verlig.
Ander uitreike van UXi op Mandeladag het in Centurion, Durnacol (naby Newcastle), Meyerton, Germiston, Roodepoort, Kaapstad en Gqeberha plaasgevind.
Van die opleidingspan se lede wat gehelp het om Ntakastraat op te ruim.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’