GEORGE NUUS - Die DA het twee van die wyke in gister se munisipale tussenverkiesings gewen en die PA die ander een.
Wyke 16 en 27 is deur die DA ingepalm en wyk 20 deur die PA.
Die wyke was voorheen deur Good-lede verteenwoordig.
Dit beteken die DA het nou 'n volstrekte meerderheid in die raad en kan alleen regeer.
Dit laat vrae ontstaan oor die toekoms van die DA/VFPlus/ACDP koalisie.
Ingeligtes glo egter dit sal voortgaan omdat daar na die nasionale situasie met die oog op aanstaande jaar se nasionale verkiesing gekyk sal word.
Verwante artikel: Aan't roer tydens tussenverkiesingsdag in drie wyke
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’