GEORGE NUUS - Daar heers groot opwinding oor die 4de Kwagga-langtafel wat op 2 Maart om 18:30 onder die romantiese plataanbome by Hoërskool Outeniqua vir 804 gaste aangebied gaan word.
Dit is verseker die grootste piekniek van sy soort in die Suid-Kaap.
Die trotse hoofborg vanjaar is The Grocery Express. Die eienaars, Chris en Natashia Liebenberg, is saam met die skool oorweldig oor die entoesiastiese belangstelling en ondersteuning wat hierdie hoogtepunt op George se sosiale kalender geniet.
Gaste word aangemoedig om in die gees van Gatsby, die tema, hulself te kom geniet.
Dit was die era toe Hoërskool Outeniqua 95 jaar gelede gestig is!
Gaste kan hul eie piekniekmandjies, breekware en drankies bring OF smaaklike Van Rensburgs Kwagga Piekniekkos en Jakkalsvlei Privaat Kelder se kwaliteit wyn/bier bestel.
Hierdie bestellings word vir gaste se gerief by die langtafel afgelewer.
Navrae/bestellings: kwaggapiekniek@gmail.com. Bestellings sluit 24 Februarie.
Alle gaste ontvang vanjaar 'n gratis wynglas. Koffie, cappuccino, ys en water sal te koop wees by die geleentheid.
Bring asseblief dierekos vir die DBV saam. Dié organisasie is vanjaar die begunstigde liefdadigheidsorganisasie, volgens die hoofborg se keuse.
The Grocery Express Kwagga-langtafel word ten bate van Hoërskool Outeniqua deur 'n trotse vrywillige ouerkomitee van die skool aangebied.
Die geleentheid word ondersteun deur die kuns, dans en musiek departemente van Hoërskool Outeniqua.
Die mediaborg is die George Herald met Oakhurst Insurance Company Limited en FNB as die primêre borge.
Verskafferborge wat die Kwagga-langtafel van 2018 ondersteun, is: Loerie Bakkery, SND Productions, Pure Craft and Foods, Van Rensburgs Foods, Jakkalsvlei Privaat Kelder, Lew Geffen Sotheby's International Realty en EONMEDIA.
Vir meer inligting en besprekings kontak Ronél Lamprecht by bemarking@outeniqua.co.za / 044 874 4156/083 632 6657.
Besoek gerus die Facebook-blad van Hoërskool Outeniqua (Kwaggas) vir volledige inligting.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'