GEORGE NUUS - Die volgende gebedsrit vir hospitaalpersoneel van vier hospitale op George vind plaas op Sondag 17 Januarie om 14:00.
'n Gemeenskapwerker van Borcherds, Linda Smit, het die inisiatief onderneem met die doel om 'n flikker van hoop te bring aan die Covid-19 pasiënte en diegene wat hul versorg.
Volgens Smit het die vorige gebedsrit op 27 Desember soveel belangstelling uitgelol dat daar besluit is om weer een in die nuwejaar aan te bied. “Nie almal kon die vorige een bywoon nie, ons wil graag weer vir mense ‘n kans gee om deel te hê hieraan,” het sy gesê.
Diegene wat graag aan die gebedsrit wil deelneem kom volgende Sondag by die buite parkeerterrein voor George-hospitaal byeen. Deelnemers word versoek om hul hoofligte en waarskuwingsligte aan te skakel vir die duur van die rit.
Elke motor moet toegerus wees met ‘n handsaniteerder en elke insittende moet ‘n masker dra. ‘n Verkeersvoertuig sal die leiding neem en vooruit ry – die ander motors volg daarna.
Hospitale wat besoek word sluit in: George-hospitaal; Geneva-kliniek; George Mediclinic en Harry Comay-hospitaal.
Vir navrae kontak Smit by 078 180 5909.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'