GEORGE NUUS - Twee tragedies het Hoërskool George in een week getref. Hulle moes die tragiese dood van twee leerders verwerk.
Morton van Rooyen, die skoolhoof, het die afgelope naweek op Facebook sy medelye met die families gedeel.
“Hoërskool George is vir die tweede keer hierdie week in rou gedompel nadat een van ons jong seuns, Andy Buys, tragies in ‘n motorongeluk omgekom het. Vrydag nog was jy in die skool en Maandag gaan jou plek leeg wees,” het Van Rooyen gesê.
Die ander sterfgeval was die 'n belowende gr. 9-leerder Cee-Jay Lottering. “Ons innige meegevoel aan die ouers en familie van CJ, ons deel in u leed,” het Van Rooyen gesê. Andy was saam met sy pa op pad na Johannesburg, toe die ongeluk gebeur het.
Hy het ook gesê dat hulle bid vir die spoedige herstel van Andy se pa, wat saam met hom in die ongeluk was.
Lees meer hieroor in die week se uitgawe van George Herald.
Cee-Jay Lottering
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'