Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Tydens twee ongelukke binne ure van mekaar in Beachweg Saterdagaand is agt mense beseer en een in hegtenis geneem.
Die eerste ongeluk het omstreeks 21:00 by die verkeerslig by die Rosedale-afrit oorkant Delvillepark plaasgevind.
'n Volkswagen Polo wat uit die rigting van George gekom het, het 'n Ford Sierra aan die kant getref toe die Sierra, wat vanuit Pacaltsdorp gekom het, regs na Rosedale wou afdraai.
Vier mense is ernstig beseer en die ander vier se beserings het tussen gering en matig gewissel. Al die pasiënte is deur ER24-paramedici na die George-hospitaal geneem.
In die tweede motorongeluk was daar geen beserings nie. Een persoon, 'n 27-jarige man, is egter vir roekelose en /of nalatige bestuur in hegtenis geneem. Die voorval het omstreeks 23:45 plaasgevind.
Pacaltsdorp-polisie kon teen druktyd nie meer inligting oor die voorvalle verskaf nie.
Kyk 'n video hieronder aan ons verskaf deur Craig la Moer:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'