GEORGE NUUS EN VIDEO - Kiesers in wyk 8 het vanoggend vroeg in die tussenverkiesing begin stem.
Van die kiesers het al van voor 07:00 begin toustaan by die Parkdene-gemeenskapsaal.
Die vier munisipale tussenverkiesings in George stel groot eise aan die kiesbeamptes.
By die ander stempunt in die wyk by die Katolieke kerk, het net enkele mense binne die eerste halfuur gestem. Die verwagting is dat meer mense later sal gaan stem.
Benewens die gewone verkiesingsregulasies wat nagekom moet word, is daar ook verskeie Covid-19 protokolle. Alle kiesers wat vanoggend wou stem se koors is eers gemeet en hulle name is neergeskryf in 'n afsonderlike register.
Kyk 'n video hieronder.
Politieke partye se stallejies by die Katolieke kerk in wyk 8 vanoggend. Stemmery het aanvanklik traag begin maar die verwagting is dat dit later sal optel. Foto: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'