Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Inenting van mense oor 60 jaar wat in die Tuinroete woon, het vanoggend, Dinsdag 25 Mei, by die Groenkloof-aftreeoord begin waar 400 mense die Pfizer-entstof ontvang het.
Charl Collins, versorgingsbestuurder by Groenkloof, het gesê hulle is baie opgewonde.
"In totaal het 750 van ons inwoners geregistreer vir inenting. Daar is tans slegs 400 dosisse beskikbaar en ons moes die lys korter maak. Ons gee die oudste inwoners eerste kans om ingeënt te word. Dié wat die entstof kan ontvang, is baie dankbaar."
Volgens Collins het hulle inderhaas 'n nuwe gebou, wat Groenkloof se toekomstige kapel en restaurant gaan huisves, in gereedheid gebring om as inentingsperseel te dien.
Inwoners ontvang die Pfizer-entstof en sal dus 'n tweede dosis moet kry.
Die Wes-Kaapse departement van gesondheid sou self foto's verskaf aangesien die media nie binne die inentingsperseel foto's mag geneem het nie.
Kyk 'n video hieronder:
Personeel van die gesondheidsdepartement was daar om die inentings te behartig.
Ander aftreeoorde wat ook hierdie week in George aan die beurt kom, sluit in Kraaibosch, Blue Mountain, Lyttelton, Rosemoor-dienssentrum en Rosemoor-ouetehuis, asook Bethesda se intermediêre-versorgingsafdeling.
Meer inligting volg soos dit beskikbaar raak.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'