GEORGE NUUS - Die personeel van Tuiniqua-versorgingsentrum vir senior burgers vir wie uitsluitingskriteria onder die huidige fase van Covid-19-inenting nie geld nie, is verlede week by die Harry Comay-inentingsperseel ingeënt.
"Ons was almal baie opgewonde en is nou verlig," het Tuiniqua se hoof, Alani Voigt gesê. Niemand het ernstige newe-effekte ervaar nie.
Hulle was geskeduleer om op 13 April reeds vir hul inentings te gaan, die dag toe Fase 1 wat onder die Sisonke-proewe val, tydelik opgeskort is, as gevolg van 'n paar gevalle van bloedklontvorming wêreldwyd.
Die risiko om bloedklonte van die Johnson & Johnson entstof te ontwikkel is minder as 1 uit 'n miljoen, met ander woorde baie laer as jou risiko om van die koronavirus te sterf.
Inenting is op 28 April hervat.
Van die personeellede van Tuiniqua wat verlede week die Johnson & Johnson-entstof ontvang het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'