GEORGE NUUS - 'n Aantal inwoners van Tuiniqua het groot pret gehad tydens hul eerste besoek aan die George-kegelbaan.
Vir 'n klompie van die deelnemers wat nog nooit 'n kegelbal in die hande gehad het nie, was dit aanvanklik 'n goedige gespot met die skewe pogings, maar die 'nuwelinge' het gou hul voete (of is dit eerder kegels) gevind en meer en meer uithalerskote ten toon gestel.
Die opgewondenheid loop hoog na die suksesse en die deelnemers kan nie wag om dit 'n weeklikse instelling te maak nie. Die bestuur van die baan is bedank omdat hulle dit vir die deelnemers moontlik gemaak het om teen afslagfooie deel te neem.
Artikel: Coenie Ritter
Gereed met die kegelballe, van links: Susara Durrant, Nerine Haggard, Chris van der Walt, Bertie Zeelie, Abbie Annie Venter, Trudy Wolmarans en Jacomine Mamet.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'