GEORGE NUUS - Tonne gehalte vleis gaan weer te koop wees by die gewilde jaarlikse vleismark van die NG Kerk se Blanco-gemeente wat op Saterdag 29 Julie in die 4 Brothers Aartappelstoor buite Blanco gehou word.
Daar word 5,6 ton beesvleis (25 beeste), 18 skape, 5 varke, 750kg wild, 1,2 ton beeswors, 1,6 ton maalvleis, 400 kg vleiskoekies ('patties') en 50 kg wildsvleiskoekies voorberei en verpak.
Verkope begin om 09:00.
Behalwe vir die vleis sal daar ook stalletjies wees wat koffie, kerrie en rys, pannekoek, vetkoek, sosaties en boereworsrolle verkoop so besoekers kan weer lekker saamkuier in die gesellige atmosfeer.
Vir meer inligting, bel die Blanco-kerkkantoor by 044 870 7595.
Daar word gewoonlik gesellig om 'n koppie koffie of tee gekuier.
'n Bedrywige 4 Brothers Aartappelstoor op die NGK Blanco-gemeente se vleismarkdag verlede jaar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’