Francois Fourie, areabestuurder van Shoprite/Checkers, het 'n groot gaslig geskenk sowel as verskeie kamptoerusting sodat befaamde kliphuisrestoureerder, Joost Pyck en sy vrou bietjie geriefliker in die tolhuis kan oorbly en sommer tot saans laat kan werk. Volgens projekbestuurder, Gerda Stols gaan Fourie ook 'n groot kragopwekker skenk.
Sy sê Coastal Hire het die afgelope week 'n lugdrukboor en kragopwekker gratis beskikbaar gestel sodat die oorblywende betonvloer uitgekap kon word. Rick van Penny Pinchers het ook gesê dat hul hierdie week die dak gaan vervang. Ek het intussen nog 'n paar borgskappe gekry naamlik ADT wat vir ons 'n alarmsstelsel gratis gaan installeer en dit in stand gaan hou – hulle gaan ook soek vir sonpanele wat ons daar kan gebruik.
"Lou du Plessis van Outeniqua-instandhouding leen die steiers vir die dakwerk en die werk aan die skoorstene en buitemure. Sanitech voorsien ook gratis ablusiegeriewe. Daar is ook die moontlikheid van kontant bydraes wat sal help om die arbeid vir die vensters en deure se maakloon te betaal. Ek het ongeveer vier kubieke meter ou geelhout vir die doel aangekoop en my skoonseun, Eduard Dupper van Dupper-meubels, gaan dit maak.
"Ons soek nog 'n watertenk, iemand wat 'n omgewingsvriendelike rioolsisteem kan borg en natuurlik die hout vir die hele vloer. Joost en sy vrou, Mari, kom weer die naweek werk en ons sal hulle van kos moet voorsien. Enige hulp sal waardeer word."
Kontak Gerda Stols by 044 874 6277 of gerdastols@telkomsa.net.

Die pragtige ou klipwerk word deur Joost Pyck gerestoureer.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'