GEORGE NUUS - Drie tieners was verlede week die slagoffers van gewapende roof in Pacaltsdorp.
Volgens Pacaltsdorp-polisie se kommunikasiebeampte, sersant Shadelle Fisher, is twee tienerseuns (18 en 19) van Sedgefield en 'n 16-jarige meisie van Pacaltsdorp, almal leerders by die plaaslike hoërskool, in afsonderlike voorvalle agter Eagle's Nest Ministries deur twee verdagtes beroof.
Die seuns was Donderdag 8 Maart van die winkel af op pad terug na hul koshuis, toe twee mans hulle na bewering met 'n vuurwapen beroof het.
Een van die seuns is met die wapen teen die kop geslaan toe hy hom teëgesit het.
Sy vriend het hom te hulp gesnel waarna een van die verdagtes die vuurwapen teen sy nek gedruk en hom van juwele beroof het.
Die volgende dag is die meisie blykbaar ook deur hulle op dieselfde plek beroof. Grant Booysen (18) en Logan Filander (19) is kort daarna op drie aanklagte van gewapende roof, in hegtenis geneem.
Hulle het Maandag 12 Maart in die George-landdroshof verskyn en die saak is tot 5 April vir 'n borgtogaansoek uitgestel. Hulle bly in aanhouding.
Drie tieners was verlede week die slagoffers van gewapende roof in Pacaltsdorp.
* Weens 'n stelselonderbreking kon meer besonderhede rondom die meisie se roof nie deur die polisie bevestig word nie.
*Three teenagers fell victim to an armed robbery in Pacaltsdorp last week.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'