GEORGE NUUS - Die DA se top leierskorps in die Wes-Kaap, wat sal voorstap vir die party in die aanstaande jaar se algemene verkiesing, het sterk bande met George en die Suid-Kaap.
Tertuis Simmers, wat vir 22 maande die tussentydse provinsiale leier van die DA in die Wes-Kaap was, is kort gelede tot permanente leier verkies.
Hy het Bonginkosi Madikizela op die party se provinsiale kongres in Kaapstad verslaan.
Simmers se gesin woon in George en hy het in die verlede in die stadsraad van die distriksmunisipaliteit gedien.
Jaco Londt is onbestrede as voorsitter herkies. Dit is algemeen bekend dat Londt ook sterk bande met die gebied het.
Die DA swaai op die oomblik die septer in die provinsie.
Geordin Hill-Lewis,die burgemeester van Kaapstad, is die onder-leier.
Die DA het reeds aangedui dat Alan Winde,die huidige premier, weer die DA se premierskandidaat gaan wees in die 2024-verkiesing.
Beide Simmers en Hill-Lewis word gesien as moontlike toekomstige DA premierskandidate in die Wes-Kaap.Dit is byvoorbeeld die 2029-verkiesing.
Foto: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’