GEORGE NUUSFLITS - 'n Munisipale verkeersbeampte is met ligte beserings na die hospitaal vervoer ná hy vanmiddag omstreeks 16:30 deur 'n taxi getref is.
Hy wou na bewering die taxi aftrek toe die voorval in Nelson Mandela Boulevard voor U Save plaasgevind het.
Die taxi-bestuurder het van die toneel gevlug, maar is kort daarna in hegtenis geneem op aanklagte van roekeloos en nalatige bestuur asook motordiefstal.
Die taxi is vroeër vandag as gesteel aangemeld.
ER24 het die verkeersbeampte op die toneel behandel waarna hulle hom na die Mediclinic George geneem het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'