GEORGE NUUS - Tannie Greta Gericke, bekende en geliefde matriarg van George, vier vandag haar 100ste verjaardag.
Sy het 'n gesellige ete met haar ses kinders by 101 Meade geniet om die groot mylpaal te vier.
Vandag is egter slegs die begin van 'n naweek van feestelikhede.
Môre word daar groot familie-makietie gehou waar ongeveer 150 mense verwag word en Sondagmiddag is dit die dorpenaars se beurt.
Almal wat haar wil gelukwens word uitgenooi om Sondagmiddag 14 Oktober, tussen 15:45 en 18:00 by die NG Moederkerksaal saam met haar 'n koppie tee te kom drink.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'