Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Die SWD Arende het vanmiddag hul eerste wedstryd van die jaar oortuigend gewen toe hulle NMU Madibaz met 55-12 geklop het.
In die eerste helfte het die Madibaz nog sterk gestaan, maar in die tweede helfte het die Arende die krane oopgedraai.
Die wedstryd is op die Saasveld-kampus gespeel. Selfs nie sterk aanmoediging van die tuisskare kon die Arende keer om 'n goeie oorwinning te behaal.
Zane Kirchner, nuwe afrigter van die Arende, kon nie anders as om na die wedstryd te glimlag nie. Sy vreugde is ook gedeel deur Stephan Leonard, kaptein van die Arende.
Anton Moolman, uittredende afrigter van die Arende, was saam met hulle verheug. Volgens Moolman is die oorwinning 'n goeie platvorm vir Kirchner as nuwe afrigter.
Die Arende se nuwe afrigter, Zane Kirchner. Foto's: Eugene Gunning
VIDEO - Dankie vir 'n aangename wedstryd.Die Arende en NMU Madibaz kort na die eindfluitjie geblaas het.Video:Eugene Gunning
VIDEO - Die Arende en die NMU Madibaz wys na die wedstryd goeie sportmangees. Video:Eugene Gunning
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’