SUID-KAAP NUUS - Die brand by Haelkraal het by Ruiterbos oor die R328 gespring in die rigting van Oudtshoorn en is nou slegs 5km vanaf Ruiterbos.
Mosselbaai se brandbestryders werk tans om die flank naaste aan die Mosselbaai munisipale grens te beveilig.
In die brande in die Albertinia-distrik het onder meer twee strooidakwonings in die slag gebly en skade aan nog 'n struktuur is aangerig.
Volgens berigte van die Eden Distriksmunisipaliteit se woordvoerder, Herman Pieters, word nog op bevestiging gewag op gerugte dat eiendomme in die Vanwyksdorp-area beskadig is.
Die R328 oor die Robinsonpas tussen Mosselbaai en Oudtshoorn is steeds vir verkeer gesluit veral weens digte rook wat sig belemmer.
Die verwagting is dat die Robinsonpas nie voor laataand heropen sal word wanneer die wind hopelik minder fel sal wees.
Motoriste word versoek om liefs die Outeniquapas via George te neem as hulle vanaf Mosselbaai na Oudtshoorn moet reis.
Die brande in die Suid-Kaap woed nou reeds sedert Dinsdag toe die eerste voorval by Groot-Brakrivier aangemeld is.
Terwyl brandbestryders hierdie brand beveg het, is berig ontvang van brande in Haelkraal en in die Albertinia distrik.
Die brand in die Robinsonpas.
Lees verwante artikels:
• Robinsonpas gesluit
• Brande: Mosselbaai se hulp weer ingeroep
• Jongste nuus oor brande
• Latest fire update
• Brandbestryders benodig kos en water
• Update on raging fires
• Latest on fires
• Winde bemoeilik brandbestryding
• Fire: 400 Hectares of plantation destroyed
• Latest on Haelkraal fire
• Update on Haelkraal fire
• Haelkraal fire update
• Update on fire at Haelkraal
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'