Die koor gaan die Suid-Kaap by die Wêreldkoorspele in Riga in Julie teenwoordig. Weens die swak wisselkoers word geweldige druk op die ouers en bestuur geplaas en woeker die koor om genoeg geld vir die reis bymekaar te maak.
Van Rensburgs Foods en Margot Swiss se Wen R1000 se vleis per maand vir 'n jaar-kompetisie gee die Suid-Kaap Kinderkoor se toer 'n hupstoot. Die kompetisie is verlede week ten bate van die Suid-Kaap Kinderkoor geloods en het reeds 'n stewige bydrae tot die toerfonds gelewer.
Kaartjies is by koorlede en die volgende besighede beskikbaar: Van Rensbugs Foods, Margot Swiss, VR Market Meats, MR Meat and Kafe Serefé. Die trekking vir die kompetisie vind op 18 Julie plaas.
Kontaknommer vir donasies: 074 170 4349 of e-pos: southcapechildrenschoir@gmail.com.
.jpg)
Die Suid-Kaap Kinderkoor.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'