GEORGE NUUS - Daar is vanoggend afskeid geneem van Maryth Meise, sekretaresse van die Stigting Simon van der Stel: Wes-Kaap.
Sy beklee die posisie al etlike jare en word beskryf as 'n steunpilaar in die werksaamhede van die plaaslike tak van die stigting.
Die afskeid, wat plaasgevind het by die Presbiteriaanse kerk in Caledonstraat, was deel van die eerste uitstappie van die jaar.
Natie de Swardt, voorsitter van die Wes-Kaapse afdeling, het gesê die geleentheid is deur sowat 30 mense bygewoon.
Die doel van sulke uitstappies is om mense bewus te maak van die diverse kulture met die klem op die argitektoniese. Meise het gesê daar is beslis behoefte vir sulke geleenthede. "Ons sal graag wil sien dat meer jongmense betrokke raak."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’