GEORGE NUUS - Ses-en-twintig lede van die Berg-en-Dal-voetslaanklub het Saterdag 27 Februarie die pragtige staproete van Heroldsbaai na Maalgate en terug gestap.
Die roete se seeuitsig, mooiste fynbos en algemene natuurskoon maak die stap saam met vriende baie spesiaal.
Die roete neem jou verby die punt waar soveel mense sedert 2015 met hulle voertuie die see ingestort het.
Baie mense glo verkeerdelik dat die staproete by Maalgate uitkom, maar dit is selfs tydens laaggety onmoontlik - dalk met springgety!
Daar is wel 'n roete na Maalgate, maar kan slegs gestap word met toestemming van die grondeienaars aan die bopunt van Heroldsbaaihoogte.
Bokant Voëlklip, eens 'n gewilde visvangplek, toe daar nog volop vis in die see was! Foto's: Ernest Lamprecht
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'