GEORGE NUUS - Stamhoof Japie Theron Baartman is vandag ter ruste gelê tydens 'n tradisionele begrafnis in Pacaltsdorp. Hy is op 'n heuweltjie, oorkant Kaptein Dikkop-amfiteater begrawe.
Daar is tydens die diens na Baartman verwys as 'n grootboom met diep wortels, 'n goeie man, 'n trotse stamhoof wat goeie leiding gegee het, en 'n goeie vriend en pa.
Baartman was 'n voorstaander van die bewusmaking van die Khoi-kultuur se begin, asook hul inheemse wette en regte.
Hoofvrou Trudie Jansen, vir wie Baartman soos 'n pa was, sê hy gaan baie gemis word. Jansen sê Baartman wou mense leer van waar hulle vandaan kom; oor hul geskiedenis en dat hulle nie kleurlinge is nie. Sy sê hy wou hê mense, veral bruinmense, moet besef dat hulle deel van die eerste nasies van Suid-Afrika is.
Lees meer oor die begrafnis in volgende week se George Herald.
Familie en van die ander tradisionele leiers wat die begrafnis bygewoon het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'