GEORGE NUUS - 'n Groepie inwoners van Pacaltsdorp het Sondagoggend in die parkeerarea by die verkeersafdeling bymekaargekom om in gebed in te tree vir die woonbuurt se mense.
Verlede week het verskeie voorvalle van misdaad in die area voorgekom, een daarvan die sinnelose skietvoorval van 'n provinsiale verkeersvrou.
Een van die inwoners, Braam America, sê die groep is dit eens dat dié gemeenskap, en die breë George-gemeenskap, moet saamstaan om die euwels aan te spreek.
"As goeie mense niks doen nie, sal die euwels en booswigte die oorhand kry," sê America.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'