GEORGE NUUS - Bergfietsryers van oor die Tuinroete het hul speke laat sing vir diere in nood tydens die Tour de Farm in Blanco ten bate van Oudtshoorn Dogs in Need (Odin) op Saterdag 1 Mei.
Volgens Odin se Colleen Smith was dit 'n reusesukses met sowat 460 fietsryers wat aan dié geleentheid deelgeneem het.
"Ons geniet dit om deel te wees van sportbyeenkomste waar die hele gesin kan deelneem ongeag die fiksheidsvlak en dit was 'n wonderlike geleentheid vir ons inwoners om bewus te raak van Odin in Blanco.
"Ons bedank Jakhals Events vir die fantastiese dag en al die ondersteuners wat deelgeneem het.
"Vanjaar se inskrywings het verdubbel van die vorige jaar. Ons hoop dié wat dit nie vanjaar kon maak nie sluit in 2022 by ons aan," sê Smith.
Vir meer inligting oor Odin, hoe om 'n troeteldier by hulle aan te neem, of maniere om by te dra met donasies, skakel gerus vir Colleen Smith by 072 084 1374.
Natasha van Rheede van Oudtshoorn en haar Yorkshire terriër het ook saamgetrap.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'