GEORGE NUUS - George-munisipaliteit stel jaarliks fondse beskikbaar om goedere vir munisipale kleuterskole aan te koop as deel van die owerheid se verantwoordelikheid ten opsigte van vroeë kinderontwikkeling, sê Debra Sauer, kommunikasiebeampte van die munisipaliteit. Sauer sê die goedere word aangekoop na 'n behoeftebepaling by elke kleuterskool.
"Sommige van die kleuterskole is gevestig in baie arm gebiede waar werkloosheid hoogty vier. Die raad probeer om die kleuterskole daardie ekstra hupstoot te gee deur die skenking van hierdie goedere."
George-burgemeester, Melvin Naik, het in sy toespraak gesê hy is bevoorreg om die onderwysers en kinders by die geleentheid te verwelkom.
Sean Snyman, 'n portefeuljeraadslid vir maatskaplike ontwikkeling, het in sy toepsraak gesê voorskoolse onderrig is uiters belangrik vir die kind se ontwikkeling.
Die kleuterskole wat by die oorhandiging in die George-burgersentrum was, is Golden Valley, Illingelethu, Isiseko Educare, Kekkel en Kraai, Kleinkrantz, Klouter Kabouter, Kwakhanya, Lawaaikamp, Masibambane, Masizakhe, Mzomhle, Nompumelelo, Nonzame Playgroup, Pophuis Voorskoolse Sentrum, Rooibooitjie, Rosedale Educare, Sandanezwe Educare, Siembamba Speelgroep, Siyazama, Sonneblomland, Zamuxolo, Rosedale Nursery, Lubabalo Educare Centre, Sonneblom en Diepkloof.
Zamuxolo-crèche lag breed vir die kamera. Melvin Naik, George-burgemeester, hier ssam met nog amptenare. Hulle het goedere aan die kleuterskool oorhandig.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'