GEORGE NUUS - Die Parkdene-buurtwag het die afgelope drie maande 'n verskeidenheid tuisgemaakte en gevaarlike wapens tydens hul patrollies, wat tot in die oggendure duur, gekonfiskeer.
Benjumen Robertson, voorsitter van die buurtwag, het inwoners gevra om meer betrokke te raak, om die euwels van misdaad uit te roei.
"Die buurtwag is gestig om ons woonbuurt veilig te hou. Ons vat hierdie wapens af omdat dit gebruik word om te roof, moor en te verkrag," het hy gesê.
Die buurtwag is tans besig met hul registrasieproses en het reeds van die SA Polisiediens goedkeuring ontvang. Die buurtwaglede word deur 'n polisielid gedurende hul patrollies vergesel.
Belangestellendes kan Robertson kontak by 079 656 6666 of die ondervoorsitter, Granville October, by 081 582 1707.
Buurtwaglede van Parkdene met van die wapens wat oor die laaste paar maande gekonfiskeer is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'