GEORGE NUUS - Suid-Kaap Jagters het verlede Saterdag 'n suksesvolle ghonguitdaging, in samewerking met Wildman Hunting & Outdoor in George, op die plaas, Aangenaam, net buite De Rust aangebied.
Die toestande vir skiet was uitdagend met die kwik wat by die 35°C gaan draai het. Al die skuts was uitgehonger vir dié ghonguitdaging wat sedert die inperking in April nog nie weer aangebied is nie.
Elke lid van die kinderspan is met 'n kontantprys, geskenk deur die senior skuts, verras.
Die wenners was as volg:
- Wenspan: Span "AHS" - Raynor Becker, Johan Delport, Tommy Dixon en Deon van Tonder.
- Tweede: 3 Jacks and a Jill - Johan Fourie, Niaan Fourie, Junita van Zyl en Willie van Zyl.
- Derde: Christo se span - Christo Delport, Hein de Swardt, Hugo Moolman en Ruan Moolman.
Daar was heelparty gelukstrekkings vir skuts en die onderskeie spanne.
Rain Geoktrooieerde Rekenmeesters van Mosselbaai is 'n nuwe toetreeder tot die skietsport in die Suid-Kaap en het ekstra pryse aangekoop.
Die sukses van die dag is grootliks te danke aan die hoofborg, Tienie Hattingh van Wildman Hunting & Outdoor, en die bydraes van Kobie Human van Rain Geoktrooieerde Rekenmeesters, die skuts wat deelgeneem het en die baanoffisiere wat die hitte moes trotseer. Die gasvryheid van Henry en Martie van Aangenaam het ongetwyfeld tot die gewildheid van die uitdaag bygedra.
Die wenspan van die ghonguitdaag wat verlede Saterdag deur Suid-Kaap Jagters by op die plaas, Aangenaam, net buite De Rust aangebied is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'