GEORGE NUUS - Die kroning van die skoukoningin vir vanjaar se George-landbouskou vind op Saterdag 13 Augustus tydens die skoudans plaas.
Kaartjies is nou reeds te koop teen R390 per paartjie. Dit sluit 'n driegangmaaltyd en dans op die maat van musiek deur Johan Brooks in. 'n Kontantkroeg sal beskikbaar wees.
Die aand begin om 18:00 vir 18:30 in die George-stadsaal.
Vir meer inligting en kaartjies, kontak Stephanie by 084 089 4223.
Meisies wat wil inskryf vir die skoukoninginkompetisie moet tussen 18 en 25 jaar oud wees, in George woon, en aan sekere ander vereistes voldoen.
Meer inligting en inskrywingsvorms is beskikbaar op die skou se webwerf by https://georgelandbouskou.co.za.
Foto's van die kandidate word vanaf 10 Julie op die skou se Facebook-blad gelaai en die publiek sal vir hulle keuse kan stem.
Die George-landbouskou vind vanjaar vir die eerste keer in twee jaar weer plaas en wel van Donderdag tot Sondag, 25 tot 28 Augustus. Toegangskaartjies is by Computicket beskikbaar.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'