GEORGE NUUS - Tot kort voor die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, Saterdag 19 Junie aangekondig het dat skole gaan oopbly, was daar baie wat gemeen het dit moet eerder sluit.
Ander wou weer hê dit moet oopbly.
Na die aankondiging is dit ook duidelik dat planne steeds op die tafel is dat alle laerskole van 26 Julie na hul normale roosters terugkeer.
Skoolhoofde in George het gemengde gevoelens oor die nuutste verwikkelinge. Van hulle wou nie op rekord praat nie, ander het nie gereageer op navrae nie en sommige het dit in die breë verwelkom.
Hoof by Van Kervel Vaardigheidskool, het gesê die skool gaan aansoek doen dat hy nie ten volle oopmaak nie. Daar is verskeie redes voor en dit stel logistieke uitdagings in byvoorbeeld die koshuise. Die skool het ook werkswinkels waar die leerlinge bepaalde toerusting gebruik.
Hoof van Laerskool New Dawn Park, het gesê in die stadium is dit 'n goeie ding, maar hy het bygevoeg daar kan nog verwikkelinge wees oor Covid-19. Volgens hom is dit belangrik dat die leerlinge terug is by die skool en onderrig ontvang. Hy het benadruk die skool sal hom laat lei deur die Wes-Kaapse onderwysdepartement.
Waarnemende hoof van Heidedal Primêr, het gesê daar gaan bepaalde uitdagings wees. Protokolle sal gevolg moet word en 'n groot uitdaging gaan wees om sosiale afstande te handhaaf. Die impak is reeds gesien as leerders nie skool kan bywoon nie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'