Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Verskeie skote is vanoggend skuins na 11:00 in die parkeerarea voor FNB in Yorkstraat afgevuur.
Volgens kapt Malcolm Pojie, provinsiale polisie woordvoerder, blyk dit dat niemand beseer is nie.
"Ons het 'n voertuig opgespoor wat voldoen aan die beskrywing van die voertuig waarin die verdagtes gevlug het, maar ons kan nie op die stadium bevestig dat dit wel dieselfde voertuig is nie," het hy gesê.
Die beskrywing van die voertuig is 'n wit Toyota sedan-motor met 'n Knysna-registrasienommer.
ER-24 was eerste op die toneel en het die polisie in kennis gestel.
Kyk 'n video hieronder.
Volgens onbevestigde inligting is daar los gebrand op 'n kliënt van FNB. Pojie wou nie op die stadium daaroor kommentaar lewer nie.
Polisiekegels het koeëldoppies op die toneel geïdentifiseer en verskeie eenhede van die polisie is tans besig om die saak te ondersoek.
Kyk nog video's:
Die area voor FNB in Yorkstraat is afgesper. Foto's: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'