GEORGE NUUS - ‘n Man van Philippi in die Kaap, Gqirhana Blou (68) het slegs één wens wat hy graag sal wil sien waar word voor hy sterf. Hy wil sy familie, wat na bewering in George bly, vind.
Blou, wat aan dwelmweerstandige TB, hoë bloeddruk en longontsteking ly, se vrou is in 2010 oorlede en sy dogter, Xoliswa Mlakalaka (23) versorg hom sedertdien.
Hy is in 1951 in Lawaaikamp gebore, maar het in Philippi grootgeword.
Mlakalaka sê die lewe het verander na haar ma gesterf het. Haar pa het in 2016 siek geword terwyl sy in gr. 12 was. Sy het met 'n universiteitsvrystelling gematrikuleer en wou openbare bestuur studeer, maar in 2017 moes sy tuis bly om na haar pa te kyk.
Indien enigiemand inligting het rondom Blou se familie in George word hulle gevra om vir Willbert Josephs by 044 8141687/67 tydens kantoor ure te skakel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'