GEORGE NUUS - Die Shofar George-gemeente het op Sondag 14 Oktober hul nuwe ouditorium met dankbaarheid en feesviering ingewy.
Die gemeente se pastoor, Amo O'Kenndy het gesê die groter ouditorium bied 'n platform vir wyer bediening in die gemeenskap.
Leiers wat verskeie sektore, soos die regering, jeug en wet en orde verteenwoordig, asook leiers van gemeentes in George het die inwyding tydens hul oggend- en aanddienste bygewoon.
O'Kennedy het gesê dis nie die gemeente se oogmerk om die beste kerk in George te wees nie, maar die beste vir George.
"Die doel van die gemeente is om te dien en te sien hoe Jesus baie mense, oud en jonk, se lewens radikaal verander."
Pastoor Vusi Selani en sy vrou Ayanda van River Church het die geleentheid bygewoon.
Verteenwoordigers uit drie sektore word voorgestel om hul te eer en vir hul te bid. Van links: Clyde Lamberts (Departement Landbou), Michaela Bester (York High School), en Mariné Kruger en Ruach Roux (beide van Hoërskool Outeniqua), generaal Oswald Reddy en sy vrou Vanessa (Polisiediens) en Amo O'Kennedy (pastoor van Shofar).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'