Hy reis die land plat as beskerm-heer van die organisasie Vaderskapstigting wat hulle daarop toespits om pa’s te laat besef dat hulle ‘n kritiese rol het om te vervul om gesinsbande te smee. So tussen die verfilming van Sewende Laan-episodes in, pas hy die veeleisende taak in om gedurende naweke organisasies toe te spreek. "Daar is te veel disfunksionele gesinne waar ‘n moeder stoksiel alleen die mas moet opkom as enkelouer. Dit bring geweldige swaarkry mee van-uit ‘n emosionele en finansiële oogpunt, veral ook omdat die gesin op een inkomste aangewys is. Dit hoort nie so nie, ons vaders moet goeie rolmodelle wees vir hulle kinders.
"Dit is ‘n bose kringloop van kinders wat sonder ‘n pa groot geword het en dan op hul beurt nie
weet hoe om die belangrike, ver-antwoordelike rol te vervul nie," het Meas gesê.
In sy boek, Hart van die vader verduidelik hy hoe gemeenskappe te werk moet gaan om dinge te verander. Zane se boodskap is geesdriftig ontvang deur 400 kinders wat ene ore was vir sy waarskuwing teen die gevare van dwelms. Die geleentheid was deel van die aktiwiteite van DARE (Drugs, Addiction, Recovery and Empowerment) in George, gereël deur dr. Muneera Mohamed. Skakel 044 884 1915 vir meer inligting oor die projek.
Artikel en foto: Pauline Lourens
.jpg)