Update
MOSSELBAAI NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier het bevestig dat altesaam sewe mense vanoggend, op 1 November in 'n botsing tussen 'n bus en 'n bakkie op die N2 beseer is.
Volgens die polisie se kommunikasiebeampte, sers Lauriane Botha is twee mense ernstig beseer.
"Die insittendes is na 'n hospitaal in George vervoer." 'n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die bus om ongeveer 10:00 in die rigting van George gery het toe dit met 'n bakkie gebots het.
Die omstandighede van die voorval is nog nie bekend nie.
Vorige artikel: Bus en bakkie bots op N2 by Groot-Brakrivier
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'