GEORGE NUUS - 'n Jong seun, Tyler Klaasen (10), van Rosemoor, het ernstige beserings opgedoen na 'n tref-en-trap gisteroggend, 16 Februarie, op die hoek van Attakwa- en Missionstraat.
Volgens sy ouma, Myra Klaasen, was Tyler, 'n leerder by Hibernia Primêr, op pad skool toe, toe hy omgery is. Die bestuurder van die voertuig het van die toneel weggery.
Die voorval is by Conville-polisiestasie aangemeld en word tans ondersoek.
Tyler het intussen 'n operasie aan sy been ondergaan. Sy ouma sê hy is nog in baie pyn en sterk tans in die hospitaal aan.
Sy been ná die operasie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'