GEORGE NUUS - 'n Groep plaaslike skrywers wat self publiseer, het vanoggend (Saterdag 20 November) byeengekom om hul nuwe boeke bekend te stel by The Table Coffee and Books.
Die geleentheid is georganiseer deur Anneline Bezuidenhout, wat skryf onder die naam Anneline de Hout.
Sy het in 2016 haar eerste boek self gepubliseer en help sedertdien ander skrywers om self uit te gee.
Haar tweede boek, 'Vertoonkas/Showcase', is by vanoggend se geleentheid bekendgestel.
Bezuidenhout het onder meer 'n praatjie vir voornemende skrywers aangebied waarin sy wenke gee oor die proses.
Van die ander skrywers wat daar was met hul debuutboeke op uitstalling, was Johan Lerm met 'Breek die grendels', James Oosthuis met 'Forgiveness Invitationals', Julaine Marais met 'Protected Living - Psalm 91', CS Boucher met 'The coming of the relic - Zealon North I/V'.
Skrywers wie se boeke op uitstalling was, van links: Julaine Marais, Johan Lerm, James Oosthuis, CS (Cornel-Sam) Boucher en Anneline de Hout (Bezuidenhout).
Anneline de Hout (links) gesels met voornemende skrywers oor die proses van self-publikasie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'