Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Sakeliga sien homself as bemagtigde hulp aan sakekamers eerder as kompetisie vir die instansies.
Dit het na vore gekom tydens 'n geleentheid wat deur die sake-inisiatief, Business Café, verlede Woensdag, 22 Februarie, by die Apprentice by die François Ferreira Academy gehou is.
Tydens die geleentheid het verteenwoordigers van Sakeliga, plaaslike sakeleiers en belanghebbendes bymekaargekom.
Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, bygestaan deur Christo Bester en Bernard du Plessis, het aanwesiges ingelig oor die organisasie se werksaamhede en vrae kon gevra word.
Dr. Dennis Farrell, dryfkrag agter Business Café, het gesê daar moet vertroue in die breër gemeenskap gevestig word en oplossings moet gevind word.
Le Roux het gesê Sakeliga is onafhanklik en 'n netwerk van sakelui. Die organisasie het sowat 10 000 lede en daar is 14 geaffilieerde sakekamers en -organisasies. Dinge wat die organisasie pla is byvoorbeeld misdaad, hoë belasting, elektrisiteit en munisipale infrastruktuur. Sakeliga glo die antwoord is selfstandige sakegemeenskappe.
Sakeliga wend hom onder meer tot die hof en beding nuwe oplossings. "Verkieslik wil mens skik."
Die afgelope twee en half jaar was Sakeliga vyf keer in die konstitusionele hof en op die oomblik by 13 ander hofsake betrokke.
Sakeliga wil sakekamers help om meer effektief wees.
Bester het gesê sakekamers is verseker die oplossing, maar dis nie 'n vinnige oplossing nie. "Mense moet weet as hulle by sakekamers betrokke raak vat dit tyd en energie."
'n Tipiese sakekamer wat reg funksioneer het 'n voltydse werknemer in diens wat daagliks sekere funksies verrig. Mense moet Sakeliga sien as hul ouboet. "Jy gaan onderhandel. As mense nie na jou luister nie en jy word afgeknou of geboelie, dan roep jy jou ouboet."
VIDEO: Sakeliga se planne
Hy het benadruk sakekamers bly onafhanklik en hulle meng nie in nie.
Du Plessis het gesê Sakeliga en sakekamers is verskillende entiteite. Daar is nie oorvleueling nie. Sakeliga beweeg nie op die terrein van sakekamers nie.
Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, verduidelik aan aanwesiges waarmee die organisasie besig is. Foto: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'