GEORGE NUUS -Rowers het gister, Saterdag 2 Desember by 'n begrafnisonderneming in CJ Langenhovenweg toegeslaan en op die vlug geslaan met 'n onbekende bedrag kontant.
Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, het vroeg vanmiddag die voorval bevestig.
Volgens hom het twee onbekende mans die perseel omstreeks 11:55 betree. Hulle het die personeel met 'n mes gedreig en geld geëis.
Geen skote is afgevuur nie en geen beserings is aangemeld.
Die polisie ondersoek die voorval. Niemand is nog aangekeer rakende die voorval nie.
Enige iemand met inligting oor die voorval word gevra om Crime Stop te kontak by 0860010111.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’