Gallery Update
GEORGE NUUS - Die polisie het ‘n dossier van brandstigting geopen nadat ‘n brand vroeg vanoggend, Maandag 12 November, die Rooirivierrif-sportklub in puin gelê het. Die voorval het omstreeks 04:30 plaasgevind.
Volgens George-polisie se kommunikasiebeampte, sers. Michael Opperman, is hul brandondersoek-eenheid uit Kaapstad ook na die toneel ontbied.
Enigiemand met inligting rondom die voorval kan sers. John Boesak by 044 803 4761 kontak.
Die Rooirivierrif-sportklub na die brand. Foto's: Kristy Kolberg
Lees 'n vorige artikel hier: Brand verwoes Rooirivierrif-Sportklub
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'