Gallery Update
GEORGE NUUS - Georgiete moes Saterdag (10 Desember) reënerige toestande trotseer om die jaarlikse liggiefees by te woon.
Die vermaakprogram, wat om 22:00 sou eindig, is weens die beurtkragskedule met twee ure verkort en as gevolg van die reën wat in die aand sterker begin val het, is die aanskakeling van die liggies nog verder vervroeg.
Dit kon egter nie seremoniemeester Peter Jafta en die kunstenaars se gees demp nie en hulle het voluit gegaan om 'n klein gehoor wat met sambrele opgedaag het, te vermaak.
Van Wyk het gesê hoewel dit jammer is dat die fees nie enduit kon gaan nie, is daar dankbaarheid vir die reën in die tyd van droogte.
FOTOGALERY: George hou liggiesfees
"Alles loop nou saam. Ons het beurtkrag gehad, ons het nou reën gekry en ons het hierdie groot fees in Pacaltsdorp. Dit is absoluut verblydend dat ons dit vandag hier kon hou. Ek hoop dat die stalletjie-eienaars iets uit vandag kon maak, want dis belangrik dat ons die ekonomie in Pacaltsdorp stimuleer.
" Ons is nou in die aanloop na Kersfees en dis 'n tyd om saam met gesinne en vriende te wees so ek wens almal 'n baie mooi Kersfees en 'n goeie tyd toe."
Die Kaptein Dikkop-amfiteater is feestelik na die aanskakeling van die liggies.
By die aanskakeling van die liggies, van links: George-toerismehoof Joan Shaw, burgemeester Leon van Wyk en hooforganiseerder Jonathan Fortuin.
Foto's: Alida de Beer
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'