Gallery
GEORGE NUUS - Tydens 'n onlangse damesoggend ten bate van Carpe Diem, het die skerpskertser, Timothy Kieswetter, en plaaslike sanger, Michael Lindt, 371 dames met musiek en 'n praatjie oor die kosbare vrou, vermaak.
Die geleentheid is op Saterdag 31 Augustus by die George-burgersentrum bygewoon.
Die geld wat ingesamel is sal gebruik word om 'n dak oor die skool se swembad te bou sodat die kinders die geleentheid kan het om noodsaaklike oefening dwarsdeur die jaar te doen.
"Dit is om 'n verskil te maak en vir elke liewe kind 'n regverdige kans in hierdie lewe te gee," sê Aletta van Rensburg, die eienaar van Heeltyd Speeltyd wat saam met Seeff die geleentheid geborg het.
Minke Janse van Rensburg, die downsindroomlyer wat groot hoogtes in die swembad bereik het, het namens Carpe Diem 'n tjek van R31 000 ontvang.
Die skerpskertser en skrywer, Timothy Kieswetter, het die dames laat lag tot hul mae gepyn het. Foto: Kristy Kolberg
Michael Lindt het die dames met 'n paar van sy treffers vermaak.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'