GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Volgens terugvoer is die R102 vir verkeer gesluit nadat 'n swaar voertuig by Toekoms, naby Leani Kwekery, geknipmes ('jack knife') het.
Nooddienspersoneel herlei verkeer na die N2.
Dit is nie bekend wanneer die pad weer vir verkeer oopgestel sal word nie.
Verkeersowerhede maan motoriste om in die reën uiters versigtig te bestuur en groter volgafstande te handhaaf.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'