UNIONDALE NUUS - Alle toegangspaaie, in en uit Uniondale, bly gesluit. Dit is al sedert vroegoggend gesluit as gevolg van protesoptrede.
Luidens 'n verklaring van die George-munisipaliteit word padgebruikers gevra om gebruik te maak van alternatiewe roetes via Willowmore.
Chantel Edwards-Klose, kommunikasiebestuurder van die George-munisipaliteit, het by navraag gesê die Openbare Orde Polisie-eenheid (Pops) is op die toneel en munisipale amptenare hou die situasie dop.
Die Uniondale-kliniek is ook vandag gesluit as gevolg van die protesoptrede.
Kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie op die toneel is. Die Openbare Orde Polisie-eenheid (Pops) sal daar bly tot die situasie gestabiliseer het.
In die stadium kyk die polisie hoe die situasie beredder kan word.
Die N9 en R339 bly gesluit en mense word gevra om van alternatiewe roetes gebruik te maak. Die R62 is wel oop. Mense wat van Mosselbaai se kant kom, word gevra om via Oudtshoorn na Willowmore te ry.
Volgens Pojie sal die polisie ondersoek instel of eiendom beskadig is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'