Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - ‘n Teerpad op die Sewe Passe-roete tussen Knysna en George, naby Lancewood Farm, is vanoggend met brandende materiaal versper tydens ‘n protesaksie van inwoners van Old Club Timbers, ‘n nabygeleë informele nedersetting.
Volgens ‘n boer van ‘n buurplaas, Watson Nyende, is die gemeenskap ongelukkig omdat hulle al vir 35 jaar vir huise wag.
Die laaste strooi was glo toe twee plakkershutte gisteraand afbrand en van die gesinne dakloos gelaat is.
“Hulle wag nou vir ‘n raadslid,” het Nyende gesê.
Dit is nie duidelik of die area deel is van die George of Knysna munisipale gebied nie.
Die polisie is tans op die toneel.
Kyk 'n video hieronder:
Inwoners van plakkerskamp in Sewe Passe-omgewing maak vanoggend reg om die teerpad verby hul nedersetting te blokeer.
Inwoners van plakkerskamp in Sewe Passe-omgewing maak vanoggend reg om die teerpad verby hul nedersetting te blokeer.
Twee plakkershutte het gisteraand in Old Club Timbers informele nedersetting afgebrand. Volgens inligting vanuit die plakkerskamp is niemand tydens die brand beseer nie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'