GEORGE NUUS - As jy iets het om vir die Wes-Kaapse Premier Alan Winde te sê of te vra, is komende Maandag 15 Mei jou kans.
Winde en sy kabinetministers is Maandagmiddag in George vir ‘n uitreikaksie en inwoners word genooi om hom en die ministers persoonlik te ontmoet tydens hul besoek.
Winde en sy kabinet sal Maandagmiddag 17:00 (5nm) by die Conville-gemeenskapsaal bymekaarkom waar mense die geleentheid sal hê om direk met die ministers te kommunikeer.
Die persoonlike ontmoetings mag ‘n maksimum van 5 minute duur om soveel as moontlik mense te akkommodeer.
So, maak jou lys en gaan sê jou sê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’