Update
GEORGE NUUS - Die ma van die gr. 7-leerder van Laerskool George-Suid wat positief getoets is vir Covid-19, is 'n administratiewe beampte by Hoërskool Outeniqua, en die leerder se twee broers is ook leerders by dié hoërskool.
In die lig hiervan het Outeniqua se beheerliggaam en bestuur vanoggend, 23 Maart, 'n verklaring uitgereik waarin duidelik gemaak word dat die gesin op hierdie stadium gesond is en dat almal getoets is. Die uitslae sal teen Woensdag of Donderdag beskikbaar wees.
Die verklaring lui dat 'n lys van alle leerders en personeel wat in noue kontak met hulle was, almal in kennis gestel en versoek is om hulle te isoleer.
"Daar is geen rede tot paniek nie. Indien enige persoon wat verbonde is aan die Hoërskool Outeniqua positief vir Covid-19 getoets word, moet u die skoolhoof, Christo Vorster onmiddellik in kennis stel by hoof@outeniqua.co.za. Die veiligheid van ons leerders, personeel en ouers is ons eerste prioriteit," lees die verklaring.
Verwante artikel: Leerder toets positief vir covid-19
Outeniqua High School has said in a statement this morning that it has ties with the George South Primary learner who tested positive for Covid-19. The girl’s two brothers attend the school and her mother works there. Outeniqua High stated that all members of the family have been tested for the virus, with results expected by Wednesday or Thursday. They are currently in good health. All learners and staff who have had close contact with the family have been asked to self-isolate. Any person with ties to Outeniqua High School who tests positive for Covid-19 are urged to immediately inform the principal, Christo Vorster, at hoof@outeniqua.co.za. “The safety of our learners, staff and parents is our first priority,” reads the statement.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'