GEORGE NUUS - Die Pacaltsdorp-polisie is op soek na inligting ná 'n tref-en-trap op die N2 naby die Pacaltsdorp-brug, die lewe van 'n man geëis het.
Brandon Hendricks (29) is op die toneel dood verklaar ná hy Sondag 3 September omstreeks 05:50 deur 'n onbekende voertuig getref is. Die bestuurder van die voertuig het van die toneel weggejaag en is steeds soek.
Volgens Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sers. Chris Spies, het die slagoffer veelvuldige beserings opgedoen.
Die polisie doen 'n beroep op die publiek om na vore te kom met enige inligting wat die polisie kan help om die voertuig op te spoor.
Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte by 044 803 9100 of Stop Misdaad by 08600 10111 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’