GEORGE NUUS - Die George-polisie het verlede Donderdag 14 Junie wéér al die ingange na die taxistaanplek in die middedorp afgesper vir 'n deursoekingsoperasie. Verskeie verdagte persone is deursoek en arrestasies vir besit van dwelms en besit van gevaarlike wapens is uitgevoer.
Volgens kol. Michael Taylor, hoof van Vispol, was hulle van 10:00 tot 14:00 besig met die operasie. Hulle is bygestaan deur hul speurders, die honde-eenheid, beamptes van die seegrens-eenheid, munisipale wetstoepassers en verkeersbeamptes asook beamptes van binnelandse sake.
Een persoon is aangekeer vir die besit van tik (83 bankies) met 'n straatwaarde van R10 000, nog 'n persoon vir besit van tik (een bankie) en 'n derde vir die besit van 'n gevaarlike wapen. Taylor sê laasgenoemde dra by tot rooftogte in die middedorp.
Hy het al die rolspelers wat betrokke was bedank vir hulle bydra om die operasie 'n sukses te maak.
'n Tienerseun van Blanco het verlede week in die hof verskyn nadat die polisie tik en Mandrax-tablette met 'n straatwaarde van R13 000 in sy besit gevind het.
'n Tienerseun het verlede Dinsdag in die George-hof verskyn nadat hy met dwelms ter waarde van R13 000 betrap is. Twee skoflede van die George-polisie wat besig was met patrollies in John Kretzenerstraat, Blanco toe die seun hulle opmerk en in 'n erf weghardloop.
Die twee lede het hom agternagesit en tik en Mandrax-tablette in sy besit gevind.
Hy is later in die sorg van ma vrygelaat.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'