GEORGE NUUS - 'n Nuwe plaaslike skrywer, Schönrad Stander stel vanaand, Vrydag 17 Desember haar eerste drie boeke bekend tydens 'n geleentheid by Cornerstone Creek in Hoekwil.
Dit is 'n digbundel genaamd Granaat en twee romans, Swanevlug en Tinka se reis na Parys, wat geïnspireer is deur Danie Niehaus se liedjie Parys in die somer.
Stander het al drie boeke in een jaar geskryf.
Twee van haar gedigte in die bundel is 'n maand gelede saam met ander digters se werk opgeneem in Inkspraak 2 en vyf van die gedigte het gekwalifiseer vir 'n nasionale kompetisie waarvan die wenner einde Januarie by 'n gala-aand in Pretoria aangekondig word.
"My romans is skoon liefdesverhale met drama, humor en 'n tikkie van die magiese. Die countrysanger Clive Bruce het van my gedigte getoonset wat nou op die aanlynmusiekkanaal, Buymusic, beskikbaar is onder die naam Kardoesie Liedjies," vertel Schönrad.
Die bekendstelling vind plaas van 17:00 tot 19:00.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'