Breaking News Update
MOSSELBAAI NUUS - Die man wat van die moord op Pinnacle Point inwoner Marietha Willemse (79) aangekla is, is gister in die George-streekhof tot altesaam 37 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Die beskuldigde, Clement Kholoane (40), 'n inwoner van Lesotho het 'n pleitooreenkoms met die staat aangegaan.
Willemse is in Junie 2022 op die landgoed in Mosselbaai vermoor nadat sy en haar man, Johannes in 'n huis in Albatrosstraat aangeval is.
Willemse se liggaam is in 'n stoel in 'n vertrek ontdek en sy het 'n meswond aan haar nek gehad.
Haar man het verskeie steekwonde opgedoen en het die voorval oorleef.
Kholoane is positief met die moord verbind nadat vingerafdrukke van hom op die toneel gevind is.
Hy was voortvlugtend sedert die moord en is etlike maande daarna in Wepener in die Vrystaat vasgetrek.
Hy het skuldig gepleit op agt aanklagte van onder meer poging tot moord, moord, huisbraak, diefstal en die oortreding van die Immigrasiewet.
Vorige artikels:
- Pinnacle Point moordverdagte se borgaansoek uitgestel
- Verdagte vas na Pinnacle Point-moord
- Dogter reik beloning uit na moord op ma
- 'Security was lax at Pinnacle Point'
- Pinnacle Point murder: police still awaiting forensic results
- 'Dynamic and loving'
- Murder investigation 'at sensitive stage'
- Pinnacle Point attack: husband still in hospital
- Pinnacle Point murder: Statement
- Update: Woman murdered at Pinnacle Point
- Woman murdered at Pinnacle Point
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’